Emok Bonsmaras

Hochfeld District
E.R Hansen/O.G Hansen
+264 81 124 1657
+264 81 799 3209

As gevolg van my liefde vir beeste het ek gedurende 2000 met stoet teling begin in die mooi Hochfeld omgewing op die plaas Maitland no 538. Omdat dit ‘n familie besigheid is vandaar ook die naam EMOK Bonsmarastoet (Saamgevoeg deur die eerste letter van die gesin se name nl. Edward, Maria, Orestes en Kezia). EMOK Bonsmarastoet staan aan die voorpunt van stoetteling in Namibië. Daar is nog net ‘n minimale aantal vroulike diere oor van die verskillende stoete waaruit dit opgebou is. Dit wat tans by ons is, reflekteer EMOK se teelbeleid en teelfilosofie. Meet en weeg het ons lankal onder beheer, funksionele doeltreffendheid is deel van die kudde en BLUP teelwaardes is almal binne die raamwerk van die ekstensiewe area waarin ons boer. Biologiese doeltreffendheid en finansiële voordele is die areas waaraan baie tyd nou spandeer word.

Streng seleksie bly die hoogste boerdery prioriteit op die plaas Maitland No 538 en vandag gee medetelers en kommersiële boere baie krediet hiervoor aan EMOK Bonsmaras. Op Maitland no 538 word daar nie geskroom om te spandeer op die beste genetika moontlik nie. Gedurende die afgelope 3 jaar het EMOK Bonsmarastoet meer as N$ 1 miljoen betaal vir die beste genetika in Namibië. Dit is werklik, “To put your money where your mouth is”.

EMOK Bonsmarastoet pas die Bonsmara stelsel toe van prestasietoetsing – maar gaan nog verder om waardetoevoeging tot die Bonsmara in die vorm van verbeterde karkaseienskappe en karkaskwaliteite toe te voeg. Ons is in die proses om stoetteling tot  voordeel van die kommersiële boer na ’n heel nuwe dimensie te neem. Ons planne werk en die bewyse is in die veld. EMOK Bonsmarastoet wil nie net meer volg en deel van die span wees nie – ons wil voorloop en die leiding neem in die span.