
30 Junie 2016 was weer ‘n trotse Namibiese Bonsmara dag. Die jaarlikse Bonsmara telersdag is op die plaas Tokat in die Summerdown omgewing deur Danie Opperman en Nico en Marthie Steenkamp aangebied. Die dag is weereens goed bygewoon en die telers en gaste teenwoordig is onthaal op ‘n gasvrye wyse eie aan Namibië.
Bonsmaratelers het beslis met nuwe kennis uitgegaan na die krale vir ‘n uitstekende prakties en bespreking oor spesialisbulle. n Praktiese demonstrasie van oor tatoëring is gevolg deur ‘n praktiese demonstrasie van die minimum rasstandaarde op pragtige Bonsmaras. Die praktiese fasilitering het plaasgevind onder leiding van senior keurder Heiko Freyer.
Hierdie fantastiese leersame dag is afgesluit deur ‘n heerlike spitbraai.
Danie, Nico en Marthie, julle kan voorwaar trots wees op die uitsonderlike dag. Julle passie en geesdrif vir die Bonsmara word in die top kwaliteit diere wat aangebied is vir keuring, weerspieël. Ons is saam met julle opgewonde oor wat die toekoms vir Tokat Bonsmara inhou.