Bonsmara Raspromosie Dag
Published in 
Agriforum
Thursday, August 11, 2016

Die pas afgelope jaarlikse Bonsmara raspromosie dag is met groot sukses deur die Bonsmara Telers Genootskap van Namibië op 11 Augustus 2016 by die Agra ring in die hoofstad aangebied. Die dag is nie net goed bygewoon en ondersteun deur Bonsmara telers self nie, maar ook verkeie buitelandse gaste onder andere meneer Kiewiet Ferreira, voorsitter van die Suid Afrikaanse Bonsmara telersgenootskap en ook die bekende Bonsmara teler van Suid Afrika, meneer Athur de Villiers. Verblywend om te sien was die groot hoeveelheid studente van Unam wat ook die dag bygewoon het wat daarop wys dat die genootskap se interaksie met Unam vrugte afwerp.

Die dag is op ‘n gepaste manier deur dominee Serfontein ge-open, wat al na homself skertsend verwys as dominee Bonsmara. Verskeie sprekers het die gaste deur die verloop van die dag met ‘n verkeidenheid van inligting en positiewe denk wyses verskaf. Van ‘n inspirerende praatjie deur meneer Christo Viljoen van FNB oor hoe om die beste te maak met dit wat jy en jou plaas tot jou beskikking het,tot ‘n vergelykende gesprek deur Dr. Joggie Briedenhan deur die Bonsmara ras te verduidelik aan die hand van die Tour de France fiets resies: ten spyte daarvan dat die Bonsmara ras op party aspekte afsteek teenoor ander beesrasse, sal Bonsmara in Namibië altyd die geel trui dra.

Die gaste is verder deur meneer Johan Mouton van Molatek ingelig oor ‘n vergelykende studie deur dieselfde groep diere te toets deur hulle van verskillende tipes lek te voorsien en dan te meet aan die winsmarges. Doktor Eddie Webb het op sy beurt die belangrikheid van die aanpasbaarheid van die koei uitgelig,en die rol wat die groote van die koei speel in haar aanpasbaarheid.

Telers het die vorige dag ‘n verkorte teelwaarde kursus aangebied deur Dr, Japie van der Westhuizen van SA Stamboek bygewoon, en hy het op die raspromosie dag weer  aan die gehoor die belang van genetika en genomika ten opsigte van stoet teling, oorgedra.

‘n Raspromosie dag sou nie beter kon eindig as deur ‘n praktiese bespreking en ten toonstelling van die Bonsmara ras nie. Verskeie telers uit diverse dele van ons land het bulle aangery om aan die gehoor die aanpasbaarheid van die ras ten toon te stel. Die practise was interaktief deur die bekende Namibiese teler, meneer Heiko Freyer.

Gemeet aan die aantal persone, telers en nie-telers, wat die dag bygewoon het, is ons trots om die naam Bonsmara te promofeer en sien on suit na ‘n positiewe toekoms vir die ras.

Recent News

Monday, 23 March 2020

On 23 March 2020 the Bonsmara family has lost one of its dearest pillars and beacons with the passing away of Jorg Sigwart.

No one will ever be able to fill his place, he showed each and every one of us how to live fully and compassionately! His place will forever be empty amongst us.

Meatco Producer of the month - February
Published in Agriforum
Saturday, 29 February 2020

We would like to congratulate David Botha and his daughter Dene Botha with this outstanding performance!

FNB / Bonsmara Namibia Training day 2019
Published in Rubicon
Tuesday, 09 April 2019

On Tuesday the 9th April 2019, 126 people arrived at the Agra / Bank Windhoek Ring and Lecture venue for the Bonsmara Training Day.

The audience consisted of students from UNAM, NUST as well as young emerging farmers.