Bonsmara Opleiding vir studente kring wyer
Bonsmara Opleiding vir studente kring wyer
Published in 
Agriforum
Thursday, April 14, 2016

Die bywoningsyfer vir vanjaar se studente-opleiding op 14 en 15 April van die Bonsmara Telersgenootskap het meer as verdubbel. Terwyl die Unam-studente al vir die vierde jaar praktiese opleiding in beesboerdery ontvang, het die landboufakulteit van die Namibia University of Science and Technology (die ou Polytech) se studente vanjaar ook vir die eerste keer aangemeld.

Die behoefte aan veral praktiese kennis het meegebring dat opleiding vanjaar uitgebrei het en in die toekoms nog meer omvattend sal word. In die verlede is net een dag aan opleiding afgestaan – lesings in die oggend en die bespreking van diere in die namiddag. Vanjaar was die behoefte egter heelwat groter en is twee dae aan die kursus afgestaan wat aangepas is om ’n wyer veld te dek.

Studente kan net in hul kursus-modules die toepaslike praktiese opleiding en ekstra inligting kry. Daarom moes dit in die eerste trimester van die jaar geskied wanneer studente hul grootvee-kursusse doen.

Die kursus-inhoud het ten doel om die basiese beginsels van beesboerdery by die studente tuis te bring. As studente belangstelling in die Bonsmara-ras toon, is hulle welkom om die junior kursusse te doen. Tydens die eerste dag van opleiding is aandag gegee aan die Bonsmara-stelsel se verpligte wegings, rekordhouding, seleksie van diere vir vrugbaarheid en keuringprosedures vir funksioneel doeltreffende beeste.

Op die tweede dag het die fokus verskuif na die basiese beginsels van kuddegesondheid waartydens studente die organe van koeie wat dragtig was, kon voel en bekyk. Bulle se ondersoeke vir skede-skrapings, vrugbaarheidtoetse en semen-analises is ook gedemonstreer. Dit het vir groot opwinding gesorg, aangesien dit nie so gevorderd soos vir veeartseny-opleiding is nie, maar net die regte hoeveelheid kennis deurgee sodat studente kan verstaan waarvan veeartse praat as hulle die ondersoeke doen. Aanbiedings het verder gefokus oor hoe om die regte bul vir jou plaas te kies, waarop gelet moet word by aanpasbaarheid en die voordele wat die goedgekeurde Bonsmarabul wat in die mark beskikbaar is vir ’n boer inhou. Prestasietoetsing en teelwaardes is op ’n maklike manier aan die studente oorgedra.

Volgens die studente en hul dosente word hierdie tipe inligting in geen veekunde-module aangebied nie. Almal weet hoe groot die behoefte aan landbouvoorligting in Namibië is. Met net teoretiese kennis voel die studente egter nie goed genoeg toegerus om vir sulke poste aansoek te doen nie. Die wetenskaplike manier hoe die Bonsmara geteel is en hoe die ras vandag nog ontwikkel word, het byval onder die studente gevind.

Almal was dit eens dat die kursus in die toekoms in sy nuwe formaat aangebied moet word. Ná afloop van die kursus was planne reeds in plek om dit nog meer leersaam te maak.

Daarby oorweeg die genootskap om die kursus vir almal oop te stel sodat beesboere en belangstellendes ook toegang tot die opleiding kan kry. Die kursus is in Engels aangebied. Ná afloop daarvan moes studente ’n praktiese eksamen aflê om hul kennis te evalueer. Die studente het bywoningsertifikate ontvang en spesiale melding is gemaak van die top-presteerders. Volgens die studente en dosente is hul verwagtinge oortref en is beide opleidingsinstansies gretig om jaarlikse deelname voort te sit.

Die kursusaanbieders was Charl van Rooyen (Bonsmara SA), dr. Julie Botha (Jungfrau Bonsmaras), dr. Joggie Briedenhann (Hartebeestloop Bonsmaras), Heiko Freyer (Hoanob Bonsmaras) en Streicher en Hella Coetzee (Hochfeldstreek Bonsmaras).

Belangstellendes wat meer inligting oor die samestelling van die kursus verlang, kan die sekretaresse van die Bonsmara Beestelersgenootskap, Marinda Labuschagne, by nambons@iway.na kontak.

 

Recent News

Monday, 23 March 2020

On 23 March 2020 the Bonsmara family has lost one of its dearest pillars and beacons with the passing away of Jorg Sigwart.

No one will ever be able to fill his place, he showed each and every one of us how to live fully and compassionately! His place will forever be empty amongst us.

Meatco Producer of the month - February
Published in Agriforum
Saturday, 29 February 2020

We would like to congratulate David Botha and his daughter Dene Botha with this outstanding performance!

FNB / Bonsmara Namibia Training day 2019
Published in Rubicon
Tuesday, 09 April 2019

On Tuesday the 9th April 2019, 126 people arrived at the Agra / Bank Windhoek Ring and Lecture venue for the Bonsmara Training Day.

The audience consisted of students from UNAM, NUST as well as young emerging farmers.