Gocharus Bonsmaras

Koës District
Hendrik de Klerk
+264 81 352 0505

Die stoetnaam is afkomstig van die plaas Gocharus, geleë in die suid-ooste van Namibië se kalahari duine en gedeeltelik kalkveld omgewing in Koës area.

In 1995 begin ek met bees boer, hoofsaaklik Simmentaler x Afrikaner koeie. Ek was nog altyd lief vir n suiwer ras en n mooi dier. Ek moes dus n keuse maak met watter ras ek verder wil boer. Daar was baie redes hoekom dit Bonsmara kan wees en vir my was  daar absoluut geen rede hoekom dit nie Bonsmara moet wees nie. Sedertien gebruik ek net suiwer Bonsmara bulle van veskeie Namibiese telers op hierdie kruising koeie en hul nageslag.
Ek wou graag my diere vergelyk met ras standaarde en om daardie rede besluit ek om in 2011 by die Bonsmara telers genootskap aan te sluit om maksimum voordele te kry uit die Bonsmara teel beleid se wetenskaplike benadering en prestasie metings. Ek laat keur n gedeelte van my bestaande diere, wat toe reeds baie suiwer bonsmaras was,  as basis diere en begin met die optelings proses. Die besluit het n sneeubal effek wat lei tot die aankoop van verskeie top bulle uit Suid-Afrika sowel as Namibië.

Uit die staanspoor , vanaf 1995, was my strengste seleksie kriteria vrugbaarheid gewees. Vrugbare diere is aangepaste diere, dit is ons behoud. Sit vleis en n bietjie mooi daarby en wat wil jy meer hê.